
Ons diens gee jou gemoedsrus
Daniller
Grondwerke bied
hoë gehalte en koste-effektiewe grondwerk- en ander relevante dienste in die landboubedryf in die Wes-Kaap
Meer oor ons
Ons spesialiseer in die verskaffing van kundige landboudienste
Hendré Daniller, ‘n boorling van De Doorns in die Hexriviervallei, het vir jare hier geboer. Sy belangstelling in en liefde vir masjinerie het egter gelei tot die verkoop van sy grond en die begin van ‘n nuwe besigheid. So het Daniller Grondwerke tot stand gekom in 2004.
Die besigheid het begin met een Landini 85F kruiptrekker wat ingevoer is uit Italië deur Villiersdorp Trekkerdienste. Vandag het ons ‘n groot verskeidenheid van masjinerie wat aan enige behoefte kan voldoen.
Ons dienste sluit
die volgende in
- Slootgraafwerk (Excavators)
- Slootlaaigraafwerk (TLB / Diggerloader)
- Gronddeurlugting en wortelsnoei
- Vervoer
Ons masjiene in aksie
Rip van appel- en peerboorde
Gelykstoot van grond in boord rye
Uithaal van stokke en wortels met vurk implement
ervare
operateurs
verseker diens met gemoedsrus
Slootlaaigraafwerk (Excavator)
‘n Verskeidenheid van slootgrawers is beskikbaar, volgens behoefte.
Dienste wat verrig word sluit onder andere in:
- Grawe van besproeiingslote, koppaal- en ankergate
- Uithaal van stokke en bome
- Spitdol van grond as grondvoorbereiding
- Herstel van rivierwalle









Slootlaaigraafwerk (TLB / Diggerloader)
Die slootlaaigraafmasjien is veelsydig en bied die opsie om ‘n kombinasie van graaf- en laaiwerk te doen.
Die ideale masjien geskik vir algemene landboudoeleindes sowel as konstruksiewerk.
Slootlaaigraaf ( TLB / Diggerloader )
Gronddeurlugting en wortelsnoei
Ons kruiptrekkers word ingevoer vanaf Italië en lewer fantastiese resultate in die landboubedryf. Verdigte grond word deurlug en wortels word terselfdertyd gesnoei.
Kruiptrekkers word ook ingespan om vloedskade te herstel, wat behels die gelykstoot van boord- en wingerdrye.
Volgens terugvoering van produsente ontvang lei hierdie aksies tot:
- Beter wortelontwikkeling
- Beter vrug grootte
- Beter waterpenetrasie













Vervoer
Ons beskik oor bekwame bestuurders wat die instandhouding van ons vragmotors prioritiseer.
- Vervoer van materiaal met 10 kubiek en 20 kubiek tipper vragmotors.
- Algemene vervoer met 8 ton en 14 ton platbak vragmotors
- Lowbed vervoer







